Inleiding
Ek is Ilse Jordaan en woon in Bloemfontein.
Ek het in 2000 begin met die pas van borsies
en spesiaal vervaardigde bra’s wat uit dieselfde
fabriek uit Duitsland kom. Ek het net besef
nadat ‘n vriendin besig was met haar
doktersgraad, en sy met die vroue te doen
gehad het, besef dat dit werklik ‘n passie vir
my is om die vroue te help... Ek het self ‘n
abnormale bors gehad en eerstehands ervaar
hoe ongemalkik dit vir my as tiener was om dit
weg te steek. Ek het egter nie geweet dat daar
tot vir sulke onegalig ontwikkelde borste, ‘n plan
mee te maak was nie. Ek kon dit egter met
plastiese chirurgie laat herstel. Dus het hierdie
hele obsessie rondom mooi borste op ander
afgespoel. Ek kon nou vir vroue help met geen
borste, of net met een na die verlies daaraan
weens borskanker.
Die Borsies is van silikoon gemaak en is in vele
vorms en groottes beskikbaar. Die borsies is
massa gebalanseer, en as dit reg gepas word,
behoort dit dieselfde gewig as jou oorblywende
bors te wees. Nie net is daar vorms en groottes
beskikbaar nie, maar ook dan ‘n wel ligter
prostese vir daardie groot buustige vroue wat
nie weer so swaar wil dra nie
(ook vir normale groottes). Daar is ‘n nuwe
borsie op die mark wat direk aan die
borswand plak. Daar is ‘n prostese borsies wat
ideal vir ons klimaat gemaak is waarvan die lug
makliker vloei om jou bors koeler te kan hou
weens ‘n gel plakker wat in die yskas geplaas
kan word voordat dit op die borsie geplaas word.
Die gewone algemene silikoon borsies word ook
gemaklik gedra omdat dit in ‘n spesiale
mastektomie bra pas, wat links of regs sakkies
in die keël van die bra het, of aan albei kante vir
die vroue wat beide borste verloor het.
Daar is hulp vir vroue wat bloot net ‘n
knopverwydering (lumpektomie) gehad het.
Outomaties sit sy met onreëlmatige borsies.
Hiervoor is daar die sogenaamde skulp
(gedeeltes van prostese)- in engels “ partials”.
Dit kan ook op spesifiek plekke plak waar die
induiking ‘n probleem is. So kan dit ook gebruik
word vir mense wat in ongelukke was of as kind
beseer was, of dan onreëlmatige
borsontwikkeling het.
Goeie nuus vir dogters waarvan die pektorale
spier afwesig is, en daar GEEN borsontwikkeling
gaan wees nie, dat hul die plakborsie kan gebruik
en soos hul groei, dan met groter borsies gepas
word. Hul kan alleenlik van 18 jarige ouderdom
vir ‘n inplanting gaan. So tot dan kan ek hul van
hulp wees.
Die Bra’s is in vele style beskikbaar wat spesiaal
vir die dames bestel kan word. ‘n Algemene
gemaklike reeks word aangehou, met ‘n hoër
snit in die middel om die snye te verbloem en
die bandjie oor die skouer is ook effe opgestop
vir die voorkoming van insnydings omdat die
gewig van die bors nie meer aan die lyf
gekoppel is nie. Hoewel dit basiese kenmerke
van die bra’s is, is daar ook byvoorbeeld
modieuse bra’s met kant, geen kant en naatloos
soos met die dra van T-hemde. Daar is bra’s
met plastiekbandjies wat by enige bandjiesrok
met gemak gedra kan word.
SWEMBROEKE en nuut op die mark
Ek is altyd opgewonde om te vertel van die
mooi swembroeke wat ook spesiaal vir die
dames gemaak is, ook vanuit dieselfde fabriek.
Dit maak die normale gang van die lewe soveel
makliker, en heel nuut in die mark is daar ‘n
bandjies t-hemp met ‘n ingeboude bra met
sakkies wat ideal in die warm somermaande
gedra kan word, sonder om nog oor ‘n ekstra
buustelyfie onder dit te bekommer.
Dit is egter vir my die harseerste dat vroue nie
weet van al die produkte wat op die mark is nie
en waarvoor meeste mediese fondse betaal,
omdat dit ‘n eksterne mediese hulpmiddel is.
Nie net is DIE kennis vir hul onbekend nie, maar
ook die keuse sonder verdere operasies.
My strewe is om kennis na die vroue met
borskanker te bring sodat sy met goeie
oordeel ‘n besluit kan maak. Dit is nie vir almal
beskore om inligting in die hospitaal te verkry
nie, of bly op die platteland waar sy dan terukeer
en nie die nodige inligting kan kry nie.
Met die regte kennis kan sy weer volkome vrou
wees, en dit is vir my lekker om te sien hoe vroue
weer moed kry om die kanker te bestry,
wanneer hul postuur weer VROUWEES uitstraal!
Dit is my aandeel aan die vroue en wil dit wyd
en syd verkondig!!! DAAR IS HULP NA ‘N
MASTEKTOMIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
|